Overvaal Stereo 96.1 Live Online

Overvaal Stereo 96.1 Live Online . Overvaal Stereo het op 6 Desember 1993 vanaf Koppies as Radio Koppies begin uitsaai. Gereelde uitsendings het egter eers in Februarie 1994 begin. In 1996 het die ateljee na Viljoenskroon verskuif en as gevolg van verwarring is die naam later na Overvaal Stereo verander. Hierdie naam is deur die luisteraars gekies.

Overvaal Stereo 96.1 Live Online

Overvaal Stereo is ‘n welkome vriend vir die luisteraar en terselfdertyd ‘n uitstekende bemarkingsmedium vir die besigheidsgemeenskap. Overvaal Stereo is een van die grootste Afrikaanse gemeenskapsradiostasies en saai met 5Kw krag uit op 96.1 MHz FM Stereo.

VISIE : Overvaal Stereo beywer ons om die Taal, Kultuur en Godsdiens van die Christen-Afrikaner te bevorder.
MISSIE : Ons doen dit deur radioprogramme aan te bied wat gerig is op die Christen-Afrikaner. Ons skep geleenthede vir die mense om self te deel in die programme en sodoende die kultuur, godsdiens en taal lewend te hou.

Address : 67 Engelbrecht St, Viljoenskroon, 9520 .
Location : Viljoenskroon, South Africa
Language : English
Twitter : twitter@OvervaalStereo
Official Website : Visit Website